21 |
Die prys was een derde sikkel silwer vir ploegskare, pikbyle, drietandvurke, byle en so ook om osprikkels skerp te maak. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
21 |
Hulle moes vir die Filistyne een derde sikkel silwer gee vir elke ploeg-yster en pik en vurk en byl wat hulle skerpgemaak het, ook vir die punte van die stokke waarmee hulle die beeste aangejaag het. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
21 |
Die prys was twee stukkies silwer vir die regmaak van ’n ploegskaar en ’n pik, en een stukkie silwer vir ’n vurk en ’n byl en die ysterpunt van ’n osdrywerstok. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
21 |
Dit was die geval met die skerpmaak van ploegskare, skoffelpikke, drietandvurke en byle en ook met die regmaak van osprikkels. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
21 |
so dikwels as die snykant stomp was aan ploegskare en pikke en drietandvurke en byle; en om die osprikkels reg te maak. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|