12 |
Toe het ek gedink: ‘Die Filistyne gaan teen my in Gilgal optrek, en ek het nog nie die Here om hulp gevra nie!’ Ek het toe verplig gevoel om die brandoffer self te bring, aangesien u nog nie gekom het nie.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
12 |
en ek het gedink hulle sal hier na Gilgal kom voordat ek vir die Here 'n offer gebring het en vir Hom gevra het om te help. Ek het toe self die brand-offer ge-offer.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
12 |
het ek gedink: die Filistyne gaan hier in Gilgal op my toesak voordat ek die Here gevra het om my te help. Ek het my toe maar sterk gehou en die brandofferdier geoffer.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
12 |
en toe dink ek: die Filistyne sal nou-nou teen my afkom na Gilgal toe en ek het nog nie aan die Here 'n offer gebring nie. Toe het ek dit gewaag om self die brandoffer te bring.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
12 |
het ek gesê: Nou sal die Filistyne na my toe aftrek in Gilgal, en ek het die aangesig van die HERE nie om genade gesmeek nie; daarom het ek myself sterk gehou en die brandoffer gebring. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|