A A A A A
1 Samuel 13
11
Maar Samuel sê vir hom: “Wat het jy nou aangevang?” Saul antwoord hom: “Ek het gesien hoe my manskappe dros terwyl die Filistyne by Mikmas saamgetrek het, maar u daag nie op soos ons afgespreek het nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Samuel het gevra: “Wat het jy gedoen?” Saul het gesê: “Jy het gesê ek moet sewe dae vir jou wag, maar jy het nie gekom nie. Ek het gesien die manne begin wegloop. Die Filistyne is bymekaar in Mikmas,
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
“Wat het jy gedoen?” vra Samuel. “Ek het gesien die mense begin wegloop toe u nie op die afgespreekte tyd hier is nie,” antwoord Saul, “en omdat die Filistyne by Mikmas saamgetrek is,
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Samuel vra hom toe: “Wat het jy aangevang?” En Saul het gesê: “Ek het gesien die manskappe loop van my af weg, en u het nie opgedaag op die tyd wat ons afgespreek het nie. Die Filistyne het bymekaargekom by Mikmas,
Afrikaanse Bybel 1983

11
Daarop vra Samuel: Wat het jy gedoen? En Saul sê: Ek het gesien dat die manskappe verstrooid raak van my af; en toe u nie kom op die afgesproke tyd nie, terwyl die Filistyne in Migmas bymekaarkom,
Afrikaanse Bybel 1933/1953