A A A A A
1 Samuel 12
5
“Die Here en sy gesalfde is my getuie dat ek niks verkeerds teen julle gedoen het nie,” sê Samuel. “Ja, Hy is getuie,” antwoord hulle.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Toe sê Samuel vir hulle: “Die Here en sy gesalfde koning is getuies. Julle kan my nie beskuldig nie, ek het niks verkeerd gedoen nie.” Hulle het gesê: “Dit is waar.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
Samuel sê vir hulle: “Die Here is vandag getuie en sy gesalfde koning is ook getuie dat julle gesê het ek het niks onwettigs gedoen nie.” Hulle stem toe saam: “Die Here is getuie.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
Verder sê Samuel vir hulle: “Die Here is hier by julle getuie, en sy gesalfde is vandag ook getuie dat julle niks teen my gevind het nie.” En hulle sê: “Hy is getuie.”
Afrikaanse Bybel 1983

5
Daarop sê hy vir hulle: Die HERE is getuie teen julle, en getuie is sy gesalfde vandag, dat julle niks in my hand gevind het nie. En hulle roep: Hy is getuie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953