A A A A A
1 Samuel 12
21
Moenie weer die nuttelose beelde aanbid nie. Hulle kan julle nie help of verlos nie. Hulle is totaal nutteloos!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Julle moenie weggaan van Hom nie, want dan gaan julle na die afgode toe wat niks beteken nie en wat nie kan help en red nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
Julle moet nooit hulp soek by daardie hopelose spul afgode nie. Hulle kan niks doen nie. Hulle kan nie help nie, want hulle ís niks.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
Moenie agter afgode aan wegdraai nie. Hulle kan nie help of red nie, want hulle is niks.
Afrikaanse Bybel 1983

21
En julle mag nie afwyk nie, want dan gaan julle agter nietige afgode aan wat nie kan help of red nie, omdat hulle nietighede is.
Afrikaanse Bybel 1933/1953