A A A A A
1 Samuel 12
12
“Maar toe julle vir Nagas, koning van Ammon, bang was, het julle na my toe gekom en gesê julle wil ’n koning hê om oor julle te heers alhoewel die Here julle God reeds julle koning was.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Maar toe julle sien koning Nagas van die Ammoniete wil oorlog maak teen julle, het julle vir my gesê: ‘Nee, daar moet 'n koning wees om oor ons te regeer.’ Maar julle Koning is julle God die Here.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Maar die oomblik toe julle sien dat Nagas, die koning van die Ammoniete, teen julle optrek, het julle vir my gesê: ‘Nee, daar móét nou ’n koning oor ons heers.’ En dit terwyl die Here julle God tog julle koning is!
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Toe julle sien dat koning Nagas van die Ammoniete teen julle optrek, het julle vir my gesê: ‘Nee, daar moet 'n koning oor ons heers,’ hoewel die Here julle God tog julle koning is.
Afrikaanse Bybel 1983

12
Maar toe julle sien dat Nahas, die koning van die kinders van Ammon, teen julle aankom, het julle aan my gesê: Nee, maar 'n koning moet oor ons regeer, terwyl die HERE julle God tog jul koning is.
Afrikaanse Bybel 1933/1953