A A A A A
1 Samuel 10
9
Toe Saul omdraai om te gaan, het God sy hart verander. Al die tekens waarvan Samuel gepraat het, het daardie dag gebeur.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Toe Saul omdraai om weg te gaan van Samuel, het God vir Saul heeltemal verander, en hy het soos 'n ander man geword. Alles wat Samuel gesê het, het daardie dag so gebeur.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Die oomblik toe Saul omdraai om van Samuel af weg te gaan, het God klaar sy hart verander. Al die dinge wat Samuel gesê het sal gebeur, het werklik nog dieselfde dag gebeur.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Net toe hy omdraai om van Samuel af weg te gaan, het God Saul se gesindheid verander. Al hierdie tekens het op dié dag uitgekom.
Afrikaanse Bybel 1983

9
En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op die dag uitgekom.
Afrikaanse Bybel 1933/1953