24 |
Samuel sê toe vir die volk: “Dit is die man wat die Here gekies het om julle koning te wees. Daar is niemand in Israel wat sy gelyke is nie!” Toe roep al die mense: “Mag die koning lank lewe!” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
24 |
Samuel het vir al die mense gesê: “Julle sien die Here het hierdie man gekies. Nie een van die ander mense is soos hy nie.” Toe skree al die mense: “Ons bid dat die koning lank moet lewe!” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
24 |
Samuel sê toe vir die volk: “Sien julle wie het die Here gekies? Daar is nie nog een soos hy nie.” Daarop skree die volk: “Lank lewe die koning!” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
24 |
Samuel sê toe vir die hele volk: “Sien julle die een vir wie die Here uitgekies het? Daar is niemand soos hy onder die hele volk nie!” Toe juig almal en sê: “Lank lewe die koning!” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
24 |
En Samuel sê aan die hele volk: Sien julle hom wat die HERE uitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie. Toe juig die hele volk en sê: Mag die koning lewe! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|