A A A A A
Regters 6
1
Die Israeliete het weer begin doen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het hulle sewe jaar lank aan die Midianiete onderwerp.
2
Die Midianiete het die Israeliete so hard behandel dat hulle die berge in gevlug het. Daar het hulle vir hulle skuilplekke in grotte en ontoeganklike plekke teen die Midianiete gebou.
3
Sodra hulle iets geplant het, het die Midianiete, Amalekiete en die ander mense uit die ooste op hulle toegesak en hulle aangeval.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die Israeliete het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Daarom het Hy die Midianiete gestuur om die Israeliete sewe jaar lank te verdruk.
2
Die Midianiete het die Israeliete laat swaarkry. Die Israeliete het hulle goed vir die Amalekiete probeer wegsteek in grotte en in plekke in die berge waar mense nie maklik kon kom nie.
3
Hulle het dit gedoen omdat die Midianiete en die Amalekiete en die Oosmense elke maal gekom het wanneer die Israeliete klaar hulle koring gesaai het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die Israeliete het weer dinge gedoen wat nie die Here se goedkeuring weggedra het nie. Daarom het die Here hulle sewe jaar lank in die mag van die Midianiete oorgegee.
2
Die Midianiete het die Israeliete so wreed behandel dat hulle na die berge toe gevlug het waar hulle in grotte en ander moeilik bereikbare plekke gaan bly het.
3
Elke keer as die Israeliete hulle oeste geplant het, het die Midianiete en die Amalekiete en van die ander mense uit die ooste hulle land binnegeval.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle sewe jaar lank oorgegee in die mag van die Midianiete.
2
Hulle het die Israeliete hard behandel, en daarom het hulle langs die bergstroompies, in grotte en in ander ontoeganklike plekke gaan bly.
3
Wanneer die Israeliete iets gesaai het, het die Midianiete teen hulle opgetrek saam met die Amalekiete en ander mense uit die ooste.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank.
2
En die Midianiete het die oorhand oor Israel gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings.
3
Want as Israel gesaai het, dan trek die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle op:
Afrikaanse Bybel 1933/1953