6 |
As gevolg van die Midianiete was die Israeliete totaal teen die grond. Die Israeliete het toe by die Here om hulp begin smeek. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
6 |
Die Israeliete het baie arm geword omdat die Midianiete en die ander vyande altyd hulle goed gevat het. Die Israeliete het gebid en gevra dat die Here hulle moet help. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
6 |
Hulle het die Israeliete heeltemal laat verarm. Toe het die Israeliete by die Here hulp gaan soek. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
6 |
Hulle het die Israeliete arm laat word, en toe het die Israeliete tot die Here geroep om hulp. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
6 |
En Israel het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van Israel het die HERE aangeroep. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|