A A A A A
Regters 6
40
God het dit daardie nag net so laat gebeur. Die wol was droog, maar die grond rondom was vol dou.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

40
God het dit daardie nag so gedoen. Die wol was droog, en daar was dou op die grond.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

40
Daardie nag het God gedoen wat Gideon gevra het. Die volgende môre was die mat kurkdroog, maar die grond was nat gedou.
Afrikaanse Bybel DB 2006

40
Daardie nag het God dit so laat gebeur: net die wol was droog en oral op die grond was daar dou.
Afrikaanse Bybel 1983

40
En die HERE het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.
Afrikaanse Bybel 1933/1953