A A A A A
Regters 6
31
Joas het vir die skare wat om hom saam gebondel het, geantwoord: “Moet julle nou Baäl se saak verdedig? Moet julle sy saak red? Die persoon wat dink hy moet vir Baäl instaan, moet sommer vanoggend nog tereggestel word. As Baäl ’n god is, kan hy mos vir sy eie saak veg. Dis tog sý altaar wat afgebreek is.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

31
Joas sê toe vir almal wat daar by hom staan: “Wil julle vir Baäl beskerm? Wil julle hom red? Die persoon wat vir Baäl wil beskerm, sal môre sterf. As Baäl 'n god is, dan moet hy homself beskerm teen die man wat sy altaar afgebreek het.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

31
Toe sê Joas vir die oproeriges wat daar buite staan: “Wil julle nou skielik Baäl se saak vir hom behartig? Gaan julle hom verdedig? Weet net, wie ook al Baäl se saak probeer verdedig, sal teen môreoggend reeds dood wees. As Baäl ’n god is, laat hy homself verdedig. Dis tog sy altaar wat Gideon afgebreek het!”
Afrikaanse Bybel DB 2006

31
Maar Joas het vir almal wat daar by hom gestaan het, gesê: “Wil julle Baäl se saak behartig? Wil julle hom red? Wie Baäl se saak behartig, moet vanmôre nog doodgemaak word. As hy 'n god is, kan hy sy eie saak behartig. Dis sý altaar wat afgebreek is.”
Afrikaanse Bybel 1983

31
Maar Joas sê vir almal wat by hom staan: Wil julle vir Ba„l veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy 'n god is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953