30 |
“Laat jou seun uitkom,” het die stad se mense van Joas geëis. “Hy moet tereggestel word, want hy het Baäl se altaar afgebreek en die Asjerapaal daar langsaan afgekap.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
30 |
Toe sê die mense van die stad vir Joas: “Jy moet jou seun bring. Hy moet sterf omdat hy die Baäl-altaar afgebreek het en die gewyde paal afgekap het wat daarby was.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
30 |
Hulle skreeu toe vir Joas: “Bring jou seun daar uit die huis uit! Hy het Baäl se altaar afgebreek en Asjera se paal afgekap. Daarom moet hy doodgemaak word!” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
30 |
Toe sê die stad se mense vir Joas: “Bring jou seun uit jou huis uit! Hy moet doodgemaak word, want hy het Baäl se altaar afgebreek en die gewyde paal daar langsaan afgekap.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
30 |
Toe sê die manne van die stad vir Joas: Bring jou seun uit, hy moet sterwe, omdat hy die altaar van Ba„l omgegooi het, en omdat hy die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|