A A A A A
Regters 6
19
Gideon is terug huis toe. Hy het ’n bokkie gaargemaak en uit sestien kilogram meel ’n ongesuurde brood gebak. Hy het die vleis in ’n mandjie gepak en die sous in ’n pot gegooi. Hy het daarmee teruggekom na die Engel onder die eikeboom en dit daar neergesit.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
Gideon het 'n bok-lam en 'n efa meel gaan haal en die vleis gekook en brood gebak. Daar was nie suurdeeg in die meel nie. Hy het die vleis in 'n mandjie gesit en die sous in die pot gehou en dit na die Here gebring onder die boom. Toe hy dit nader bring,
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
Gideon is terug huis toe, waar hy ’n jong bokkie gaargemaak en ’n brood gebak het. Vir die brood het hy ongeveer sestien kilogram meel sonder suurdeeg gebruik. Hy het die vleis in ’n mandjie gesit en die sous in ’n bakkie gegooi. Toe gaan hy terug na die Engel onder die eikeboom.
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
Gideon het toe 'n bokkie gaan gaar maak, en van sestien kilogram meel het hy brood sonder suurdeeg gebak. Hy het die vleis in 'n mandjie gepak en die sous in 'n pan gegooi en vir die Engel van die Here gebring onder die groot boom. Toe Gideon dit naderbring,
Afrikaanse Bybel 1983

19
Toe het G¡deon ingegaan en 'n bokkie berei, en van 'n efa meel ongesuurde koeke; die vleis het hy in 'n mandjie gesit en die sous in 'n pot gegooi; en hy het dit na Hom uitgebring onder die terpentynboom en dit naby neergesit.
Afrikaanse Bybel 1933/1953