A A A A A
Regters 3
8
Die Here was woedend vir die Israeliete. Hy het hulle aan koning Kusan-Risatajim van Aram-Naharajim uitgelewer. Hulle was agt jaar lank sy onderdane.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Die Here het baie kwaad geword vir die Israeliete. Hy het Kusan-Risatajim gehelp om 'n oorlog te wen teen die Israeliete. Kusan-Risatajim was die koning van die Arameërs wat tussen die Eufraat-rivier en die Tigris-rivier gewoon het. Die Israeliete het Kusan-Risatajim ag jaar lank gedien.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
Hieroor was die Here kwaad vir Israel. Daarom het Hy hulle agt jaar lank in koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië se mag oorgegee.
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
Toe het die Here kwaad geword vir die Israeliete. Hy het hulle oorgegee in die mag van koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië en hulle was ag jaar sy onderdane.
Afrikaanse Bybel 1983

8
Daarop het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risat im, die koning van Mesopot mië, en die kinders van Israel het Kusan Risat im agt jaar lank gedien.
Afrikaanse Bybel 1933/1953