A A A A A
Regters 3
7
Wat die Israeliete gedoen het, was verkeerd vir die Here. Hulle het die Here hulle God uit hulle gedagtes geskuif en eerder die beelde van die Baäls en die gewyde pale van Asjera aanbid.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
Die Israeliete het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hulle het hulle God die Here vergeet en hulle het die Baäls en Asjeras gedien.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Die Israeliete het dinge gedoen waarvan die Here niks gehou het nie. Hulle het die Here hulle God vergeet en die afgodsbeelde van Baäl en die heilige pale van Asjera aanbid.
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hulle het die Here hulle God vergeet en die Baäls en die gewyde pale gedien.
Afrikaanse Bybel 1983

7
En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en die HERE hulle God vergeet en die Baäls en die heilige boomstamme gedien.
Afrikaanse Bybel 1933/1953