29 |
Hulle het die Moabiete aangeval en omtrent 10 000 van hulle sterk en goeie soldate doodgemaak. Niemand kon wegkom nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
29 |
Die Israeliete het die Moabiete oorwin en hulle het omtrent 10 000 manne doodgemaak. Die manne was almal vet, en elke man was 'n goeie soldaat. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
29 |
Hulle het toe die Moabiete aangeval en omtrent 10 000 van hulle beste troepe doodgemaak. Hulle het niemand laat wegkom nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
29 |
By daardie geleentheid het hulle die Moabiete verslaan: omtrent tien duisend man, almal sterk en goeie soldate. Niemand het ontsnap nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
29 |
En hulle het in die tyd van Moab omtrent tien duisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand het vrygekom nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|