A A A A A
Regters 3
12
Die Israeliete het toe weer dinge begin doen wat verkeerd is vir die Here. Hy het koning Eglon van Moab mag oor hulle gegee omdat hulle verkeerd gemaak het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Die Israeliete het weer dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Daarom het die Here vir Eglon, die koning van die Moabiete, sterker laat word as die Israeliete.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Die Israeliete het later weer dinge gedoen wat nie die Here se goedkeuring weggedra het nie. Toe het die Here hulle in koning Eglon van Moab se mag oorgegee.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en Hy het koning Eglon van Moab mag oor hulle laat kry omdat hulle gedoen het wat verkeerd is in die oë van die Here.
Afrikaanse Bybel 1983

12
En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. Toe maak die HERE Eglon, die koning van Moab, sterk teen Israel, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE;
Afrikaanse Bybel 1933/1953