24 |
Die vergadering van die Israeliete het toe ook uitmekaargegaan volgens hulle stamme en families. Elkeen is van daar af terug na sy grond toe. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
24 |
Die Israeliete het daarna ook teruggegaan, elkeen na sy plek waar sy stam en sy familie gewoon het. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
24 |
Terselfdertyd is die res van die stamme van Israel ook daar weg, elkeen na hulle eie stam, familie en grondgebied toe. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
24 |
Die Israeliete is toe ook daar weg, elkeen na sy stam en sy familie, elkeen na sy grondgebied toe. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
24 |
En die kinders van Israel het in daardie tyd daarvandaan weggegaan, elkeen na sy stam en na sy geslag, en hulle het daarvandaan uitgetrek, elkeen na sy erfdeel toe. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|