1 |
Die Israeliete het ’n eed afgelê by Mispa: “Ons sal nooit ’n Benjaminiet met enigeen van ons dogters laat trou nie.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Toe die Israeliete in Mispa bymekaar was, het hulle belowe dat nie een van hulle sy dogter sal laat trou met iemand uit die Benjamin-stam nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Toe die Israeliete by Mispa bymekaar was, het hulle ’n belofte voor die Here afgelê: “Nie een van ons sal ons dogters met ’n Benjaminiet laat trou nie.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
By Mispa het die Israeliete 'n eed afgelê: “Nie een van ons sal sy dogter met 'n Benjaminiet laat trou nie.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Maar die manne van Israel het al in Mispa gesweer en gesê: Niemand van ons mag sy dogter aan 'n Benjaminiet as vrou gee nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|