A A A A A
Regters 15
4
Hy het 300 jakkalse gaan vang en hulle sterte twee-twee aan mekaar vasgemaak. Tussen elke twee sterte het hy ’n fakkel vasgemaak.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Toe het Simson 300 jakkalse gevang. Hy het elke maal twee jakkalse gevat, en hy het hulle sterte aan mekaar vasgemaak en hy het 'n fakkel tussen die sterte vasgemaak.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Hy is toe daar weg. Hy het 300 jakkalse gaan vang en hulle sterte twee-twee aan mekaar vasgemaak. Toe het hy fakkels gevat en tussen elke paar sterte ’n fakkel vasgemaak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Hy het toe drie honderd jakkalse gaan vang en hulle sterte twee-twee aan mekaar vasgemaak. Hy het fakkels gevat en tussen elke twee sterte 'n fakkel vasgemaak.
Afrikaanse Bybel 1983

4
Toe gaan Simson weg en vang drie honderd jakkalse; en hy neem fakkels en draai stert teen stert, en sit 'n fakkel in die middel tussen elke twee sterte in;
Afrikaanse Bybel 1933/1953