18 |
Simson het toe baie dors geword. Hy het na die Here geroep: “U het vir u dienskneg hierdie groot oorwinning gegee. Moet ek nou van dors doodgaan en in die mag van heidene val?” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
18 |
Hy was baie dors en hy het tot die Here gebid en gevra: “U het my, u dienaar, laat wen. Wil U nou hê ek moet sterf omdat ek nie water het nie? En wil U hê die Filistyne moet my vang, die Filistyne wat nie u mense is nie?” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
18 |
Hierna was Simson baie dors en het hy vir die Here gesê: “U het nou hierdie groot oorwinning van my oor die Filistyne moontlik gemaak. Moet ek nou van die dors doodgaan en in die hande van dié klomp heidene val?” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
18 |
Simson was baie dors en toe roep hy tot die Here: “U het hierdie groot oorwinning deur my moontlik gemaak. Moet ek nou van dors sterf en in die hande van die heidene val?” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
18 |
Daarop kry hy baie dors en roep die HERE aan en sê: U het deur die hand van u kneg hierdie groot verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val? |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|