11 |
Uit Juda is toe 3 000 man af na die skeur by Etam. Hulle vra vir Simson: “Onthou jy dan nie dat die Filistyne oor ons heers nie? Wat het jy ons nou aangedoen?” Hy het hulle geantwoord: “Ek doen maar net met die Filistyne wat hulle aan my gedoen het.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
Toe het 3 000 mans van Juda na die Etam-kloof gegaan en vir Simson gesê: “Jy weet die Filistyne regeer oor ons. Hoekom het jy vir ons probleme gebring?” Simson het vir hulle gesê: “Ek het aan die Filistyne gedoen wat hulle aan my gedoen het.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
Toe gaan 3 000 mense van Juda na die grot toe by Etam en hulle vra vir Simson: “Besef jy nie dat die Filistyne oor ons heers nie? Wat doen jy aan ons?” Hy het hulle geantwoord: “Ek het hulle net terugbetaal vir wat hulle aan my gedoen het.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
Toe gaan drie duisend man van Juda na die rotskloof toe by Etam en hulle vra vir Simson: “Het jy nie besef dat die Filistyne oor ons heers nie? Wat het jy ons nou aangedoen?” Hy het hulle geantwoord: “Ek het die Filistyne net aangedoen wat hulle mý aangedoen het.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Daarop trek drie duisend man uit Juda af na die rotskloof van Etam en vra vir Simson: Weet jy nie dat die Filistyne oor ons heers nie, en wat het jy ons nou aangedoen? En hy sê aan hulle: Soos hulle aan my gedoen het, so het ek aan hulle gedoen. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|