A A A A A
Regters 15
1
Dit was die tyd toe die koring geoes is. Simson het ’n bokkie gevat om vir sy vrou te gee. Hy het vir homself gesê: “Ek wil by my vrou gaan slaap.” Haar pa wou hom nie laat ingaan nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Later, toe die mense begin koring sny, het Simson 'n bokkie geneem en na sy vrou toe teruggegaan. Hy het vir haar pa gesê: “Ek wil na my vrou toe gaan in haar kamer.” Maar haar pa wou hom nie laat ingaan nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
’n Ruk later, tydens die oestyd, het Simson weer vir sy vrou gaan kuier. Hy het ’n bokkie as geskenk vir haar saamgevat. Hy was van plan om by haar te gaan slaap. Haar pa wou hom egter nie toelaat nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
'n Ruk later, in die koringoestyd, het Simson vir sy vrou gaan kuier en 'n bokkie saamgevat. Hy het gesê: “Ek wil by my vrou gaan slaap.” Maar haar pa wou hom nie toelaat nie.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Maar 'n tyd daarna het Simson in die dae van die koringoes sy vrou besoek met 'n bokkie en gesê: Laat ek na my vrou in die kamer ingaan; maar haar vader het hom nie toegelaat om in te gaan nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953