A A A A A
Regters 14
9
Hy het met sy hand van die heuning uitgehaal en langs die pad daaraan loop en eet. Hy het ook vir sy ouers daarvan gegee. Hulle het ook daarvan geëet, maar nie geweet dat hy die heuning uit die leeu se karkas gehaal het nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Hy het die heuning in sy hand gekrap en hy het geloop en daarvan geëet. Toe hy by sy ouers kom, het hy vir hulle ook heuning gegee, en hulle het geëet. Hy het die heuning uit die leeu se geraamte gehaal, maar hy het dit nie vir sy ouers vertel nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Hy het van die heuning uitgehaal en dit geloop en eet. Toe hy by sy pa-hulle kom, het hy vir hulle ook van die heuning gegee om te eet. Hy het hulle nie vertel dat hy die heuning uit die leeu se karkas gehaal het nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Hy het heuning in sy hand gevat en daarvan geloop en eet. Toe hy by sy ouers kom, het hy vir hulle ook gegee, en hulle het geëet, maar hy het hulle nie vertel dat hy die heuning uit die karkas van 'n leeu gekry het nie.
Afrikaanse Bybel 1983

9
En hy het dit uitgehaal in sy hande en aldeur geloop en eet, en na sy vader en sy moeder gegaan en aan hulle gegee; en hulle het geëet, maar dat hy die heuning uit die dooie liggaam van die leeu uitgehaal het, vertel hy hulle nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953