A A A A A
Regters 14
18
Net voor sononder op die sewende dag het die mense van die stad vir Simson die antwoord kom gee: “Wat is daar wat soeter is as heuning? En wat is daar wat sterker is as ’n leeu?” Simson sê toe vir hulle: “As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou julle nooit die antwoord op my raaisel kon kry nie!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

18
Voor die son op die sewende dag ondergegaan het, het die mense van die stad vir Simson gesê: “Wat is soeter as heuning, wat is sterker as 'n leeu?” Simson het vir hulle gesê: “Julle het die antwoord by my vrou gekry. Julle sou dit nooit self gekry het nie.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

18
Op die sewende dag van die fees, net voor sononder, het die mense van die dorp na Simson toe gekom en vir hom gesê: “Wat is soeter as heuning en wat is sterker as ’n leeu?” Hy sê toe vir hulle: “As julle nie by my vrou gaan neul het nie, sou julle nie die antwoord op die raaisel gekry het nie.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

18
Op die sewende dag, net voor sononder, sê die mense van die stad toe vir Simson: “Wat is soeter as heuning? Wat is sterker as 'n leeu?” Hy sê toe vir hulle: “Julle het met my kalf geploeg anders sou julle nie die antwoord op my raaisel gevind het nie!”
Afrikaanse Bybel 1983

18
Daarop sê die manne van die stad aan hom op die sewende dag voor sonsondergang: Wat is soeter as heuning, en wat is sterker as 'n leeu? En hy antwoord hulle: As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou julle my raaisel nie geraai het nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953