A A A A A
Regters 14
17
Elke keer as hy by haar kom, het sy begin neul. So het dit die res van die tyd van die fees gegaan. Op die sewende dag het hy vir haar die oplossing gegee, want sy wou hom nie met rus laat nie. Sy het toe die oplossing vir haar mense gegee.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
Sy het aangehou huil by hom, al die dae terwyl hulle feesgevier het, en op die sewende dag het hy vir haar die antwoord gesê, want sy het nie opgehou vra nie. Sy het toe die antwoord vir haar mense gesê.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
Sy het die hele feestyd by hom bly neul daaroor. Op die sewende dag was hy uiteindelik moeg daarvoor en het vir haar die antwoord gegee.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
Sy het die hele sewe dae van die fees by hom geneul en op die sewende dag het hy dit vir haar vertel, want sy het hom bly lastig val. Sy het toe die antwoord op die raaisel vir haar mense gegee.
Afrikaanse Bybel 1983

17
Maar sy het die sewe dae wat hulle maaltyd geduur het, by hom gehuil; en op die sewende dag het hy dit vir haar uitgelê; want sy het hom gepers en so die raaisel vir haar volksgenote uitgelê.
Afrikaanse Bybel 1933/1953