A A A A A
Regters 14
12
Simson het vir hulle gesê: “Ek wil julle graag ’n raaisel vra. As julle binne die sewe dae van die fees vir my kan sê wat dit beteken, sal ek vir julle 30 hemde en 30 stelle klere gee.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Simson het vir die mans gesê: “Ek wil vir julle 'n raaisel vra. Julle moet probeer uitvind wat die antwoord is, en as julle dit vir my kan sê voor die sewe dae van die fees verby is, dan sal ek vir julle elkeen 'n onderkleed en 'n mooi oorkleed gee.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Simson sê toe vir hulle: “Kom ek vra julle ’n raaisel. As julle die raaisel binne die sewe dae wat die fees aanhou, kan oplos, sal ek vir julle 30 linnehemde en 30 stelle klere gee.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Hy het vir hulle gesê: “Laat ek julle 'n raaisel vra. As julle my die raaisel se antwoord binne die sewe feesdae kan gee, sal ek vir julle dertig linnehemde en dertig stelle klere gee,
Afrikaanse Bybel 1983

12
En Simson sê aan hulle: Laat my tog vir julle 'n raaisel opgee; as julle dit vir my reg uitlê gedurende die sewe dae van die maaltyd en dit uitvind, dan sal ek julle dertig hemde en dertig stel klere gee;
Afrikaanse Bybel 1933/1953