A A A A A
Regters 13
1
Die Israeliete het weer voor die Here kwaad gedoen. Hy het hulle vir 40 jaar lank aan die Filistyne onderwerp.
2
Daar was ’n man in Sora met die naam Manoag. Hy was uit die stam van Dan. Sy vrou kon nie kinders hê nie.
3
Die engel van die Here het by haar gekom en vir haar gesê: “Jy kon nie tot dusver kinders kry nie, maar jy sal binnekort verwag en ’n seun hê.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die Israeliete het weer dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, en die Here het die Filistyne gehelp om die Israeliete 40 jaar lank te verdruk.
2
Daar was 'n man in Sora, sy naam was Manoag en hy was van die nageslag van Dan. Manoag se vrou kon nie kinders kry nie.
3
Die Engel van die Here het na die vrou toe gekom en vir haar gesê: “Jy kon nie kinders kry nie, maar jy sal nou swanger word en jy sal 'n seun kry.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die Israeliete het weer dinge gedoen wat nie die Here se goedkeuring weggedra het nie. Daarom het die Here hulle vir 40 jaar in die mag van die Filistyne oorgegee.
2
Daar was ’n man uit Sora uit die stam van Dan met die naam Manoag. Hy en sy vrou was kinderloos omdat sy nie swanger kon raak nie.
3
Daar het toe ’n Boodskapper van die Here aan haar verskyn en vir haar gesê: “Jy kon nog nooit swanger word nie, maar binnekort gaan jy wel swanger word en geboorte gee aan ’n seun.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle veertig jaar lank oorgegee in die mag van die Filistyne.
2
Daar was 'n man uit Sora uit die stam van Dan. Sy naam was Manoag. Sy vrou was kinderloos.
3
Die Engel van die Here het aan haar verskyn en vir haar gesê: “Jy is nou kinderloos, maar jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.
2
En daar was 'n man uit Sorea, uit die geslag van die Daniete, met die naam van Manoag; en sy vrou was onvrugbaar en het geen kinders gehad nie.
3
Maar die Engel van die HERE het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en 'n seun baar.
Afrikaanse Bybel 1933/1953