11 |
Manoag het saam met sy vrou teruggehardloop. Toe hy by die man kom, vra hy vir hom: “Is jy die man wat met my vrou gepraat het?” Die man het geantwoord: “Dit was ek, ja.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
Manoag het saam met sy vrou gegaan. Toe hy by die man kom, het hy vir die man gevra: “Is jy die man wat met my vrou gepraat het?” En die Engel het gesê: “Ja, Ek is.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
Manoag is toe dadelik saam met sy vrou daar weg. By die man aangekom, vra hy vir hom: “Is jy die man wat nou die dag met my vrou gepraat het?” “Ja, dit is ek,” het hy geantwoord. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
Manoag is toe dadelik agter sy vrou aan. Hy het by die man gekom en vir hom gevra: “Is u die man wat met my vrou gepraat het?” Die Man het geantwoord: “Ja, Ek is.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Toe staan Manoag op en loop agter sy vrou aan, en hy kom by die man en vra hom: Is U die man wat met die vrou gespreek het? Toe sê Hy: Ja. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|