A A A A A
Regters 12
3
Toe ek sien ek gaan nie hulp kry nie, het ek dit maar gewaag en teen die Ammoniete gaan veg. Die Here het hulle in my hand gegee. Hoekom wil julle nou teen my kom veg?”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Toe ek sien julle wil nie help nie, het ek en my manne alleen na die Ammoniete toe gegaan. Ek het geweet hulle sal my miskien doodmaak. Maar die Here het my laat wen teen hulle. Hoekom het julle vandag teen my kom oorlog maak?”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
Toe ek sien niemand daag op nie, het ek my lewe gewaag en alleen teen hulle gaan veg, en die Here het toe aan my die oorwinning gegee. Hoekom wil julle nou teen my kom oorlog maak?”
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
Toe ek merk daar is niemand wat my kom red nie, het ek my lewe gewaag en teen hulle opgetrek. Die Here het hulle in my mag oorgegee. Waarom kom julle nou teen my oorlog maak?”
Afrikaanse Bybel 1983

3
En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?
Afrikaanse Bybel 1933/1953