A A A A A
Regters 10
1
Ná Abimelek was Tola Israel se rigter. Hy was die seun van Puwwa, die seun van Dodo, uit die stam Issaskar. Hy het in Samir in die heuwels van Efraim gebly.
2
Hy het Israel 23 jaar lank gelei. Hy is dood en is in Samir begrawe.
3
Ná hom het Jaïr uit Gilead Israel 22 jaar lank gelei.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Ná Abimelek het Tola die Israeliete gered. Hy was die seun van Pua, seun van Dodo, van die Issaskar-stam, en hy het gewoon in die stad Samir in die Efraim-berge.
2
Hy was 23 jaar lank die leier van die Israeliete. Hy het gesterf, en hulle het hom in Samir begrawe.
3
Ná Tola was Jaïr van Gilead 22 jaar lank die leier van die Israeliete.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Na Abimelek se dood het Tola seun van Puwwa, die kleinseun van Dodo, tot Israel se redding gekom. Hy was ’n lid van die stam Issaskar en het in die dorp Samir in die berge van Efraim gebly.
2
Hy was 23 jaar lank die leier van Israel. Na sy dood is hy in Samir begrawe.
3
Na Tola se dood het Jaïr uit Gilead 22 jaar lank as leier in Israel opgetree.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Na Abimelek het Tola na vore gekom om die Israeliete te red. Hy was 'n seun van Puwwa, seun van Dodo uit Issaskar, en hy het in Samir op die Efraimsberge gewoon.
2
Hy was drie en twintig jaar lank die leier van Israel. Hy het gesterf, en hy is in Samir begrawe.
3
Na hom het Jaïr uit Gilead na vore gekom en hy was twee en twintig jaar lank die leier van Israel.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En nAbim,leg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, 'n man uit Issaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim.
2
En hy het Israel drie en twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.
3
En nhom het Ja‹r, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee en twintig jaar lank gerig.
Afrikaanse Bybel 1933/1953