18 |
Die aanvoerders by Gilead het met mekaar ooreengekom: “Die een wat die oorlog teen die Ammoniete begin, sal die leier wees van almal wat in Gilead bly.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
18 |
Die leiers van die Israeliete in die land Gilead het vir mekaar gesê: “Ons moet iemand kry wat sal begin om teen die Ammoniete oorlog te maak. Hy moet die hoof word van al die mense wat in Gilead woon.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
18 |
Die leiers van Gilead het vir mekaar gesê: “Wie gaan ons soldate in die oorlog teen die Ammoniete lei? Hy moet in elk geval dan die leier van al Gilead se mense word.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
18 |
Die leiers van Gilead het vir mekaar gevra: “Wie sal die oorlog teen die Ammoniete begin? Dié man moet die leier van al Gilead se mense word.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
18 |
Toe sê die manskappe, die vorste van G¡lead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van G¡lead. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|