13 |
Maar julle het My nou al weer laat staan om ander gode te gaan aanbid. Ek gaan julle nie weer red nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
Maar julle het elke maal opgehou om My te dien en julle het ander gode gedien. Daarom wil Ek julle nie weer red nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
Ten spyte daarvan het julle nou weer die rug vir My gedraai en ander gode aanbid. Daarom gaan Ek julle nie weer help nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
Maar julle was nou ontrou aan My, julle het ander gode gedien en daarom het Ek julle nie nou gered nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|