4 |
Juda het toe gaan veg. Die Here het gesorg dat Juda die oorwinning oor die Kanaäniete en die Feresiete behaal. Hulle het in Besek 10 000 man doodgemaak. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
4 |
Die Here het hulle gehelp om die Kanaäniete en Feresiete te oorwin. Hulle het in die stad Besek 10 000 soldate doodgemaak. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
4 |
[4-5] Met die Here se krag het hulle die Kanaäniete en die Feresiete verslaan. By Besek het hulle teen koning Adoni-Besek geveg en 10 000 van sy soldate doodgemaak. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
4 |
Juda het toe gaan veg, en die Here het die Kanaäniete en die Feresiete in Juda se mag oorgegee en hy het in Besek tien duisend man verslaan. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
4 |
en toe Juda optrek, het die HERE die Kana„niete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tien duisend man van hulle by Besek verslaan het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|