33 |
Naftali kon ook nooit die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat verslaan nie. Hulle het tussen die Kanaäniete gaan bly. Hulle het wel die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat gedwing om vir hulle te werk. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
33 |
Die Naftali-stam het nie die mense oorwin en weggejaag wat gewoon het in die stede Bet-Semes en Bet-Anat nie, maar die mense van Bet-Semes en Bet-Anat moes swaar werk vir die Naftali-mense. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
33 |
Die stam van Naftali kon ook nie daarin slaag om die inwoners van Bet-Semes en Ben-Anat uit hulle dorpe te verdryf nie. Hulle moes maar saam met hulle daar bly, alhoewel hulle dié mense verplig het om vir hulle te werk. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
33 |
Naftali het nie die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat verslaan nie. Hy het tussen die Kanaäniete wat daar gebly het, gaan woon, maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat moes dwangarbeid doen vir Naftali. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
33 |
N ftali het die inwoners van Bet-Semes en die inwoners van Bet-Anat nie verdrywe nie, sodat hy bly woon het onder die Kana„niete, die bevolking van die land; maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat het aan hulle dienspligtig geword. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|