A A A A A
Regters 1
3
Juda se leiers sê toe vir hulle volksgenote van die Simeonstam: “Kom veg saam met ons teen die Kanaäniete wat op die grond bly wat met die lot vir ons aangewys is. Ons sal julle weer help om vir julle grond te gaan veg.” Die Simeoniete is toe saam met hulle.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Die mense van die Juda-stam het toe vir die mense van die Simeon-stam gesê: “Kom maak saam met ons oorlog teen die Kanaäniete, dan sal ons later saam met julle gaan en julle help wanneer julle moet gaan oorlog maak.” Simeon was Juda se broer. Die Simeon-stam het toe saam met die Juda-stam gegaan.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
Toe sê Juda se leiers vir hulle familie uit die stam van Simeon: “Kom veg saam met ons teen die Kanaäniete wat in die gebied bly wat ons gekry het om in te woon. Dan sal ons julle weer help om julle gebied in te neem.” Hulle is toe saam daar weg om te gaan oorlog maak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
Toe sê Juda vir sy broer Simeon: “Kom saam met my na die gebied toe wat aan my toegesê is, dan veg ons saam teen die Kanaäniete. Ek sal dan weer saam met jou gaan na jou gebied toe.” Simeon is toe saam met hom.
Afrikaanse Bybel 1983

3
Toe sê Juda aan sy broer S¡meon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kana„niete kan beveg, dan sal ek ook met jou saam optrek in jou aandeel. En S¡meon het saam met hom getrek;
Afrikaanse Bybel 1933/1953