A A A A A
Josua 9
1
Al die konings wes van die Jordaan het hiervan gehoor. Dit was die konings van die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Hulle het in die heuwelgebied, in die laagland en aan die kus van die Middellandse See tot so ver noord as die Libanonberge gebly.
2
Hulle het ’n verdrag met mekaar gesluit om teen Josua en die Israeliete te veg.
3
Ook die inwoners van Gibeon het gehoor wat Josua met Jerigo en Ai gedoen het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Al die konings wes van die Jordaan-rivier het gehoor wat gebeur het. Die konings het gewoon in die berge en in die Laeveld en langs die Groot See tot teen die Libanon-berg. Hulle was die konings van die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete.
2
Die konings het bymekaargekom om saam oorlog te maak teen Josua en die Israeliete.
3
Die mense wat in die stad Gibeon gewoon het, het gehoor wat Josua gedoen het met die stede Jerigo en Ai.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
[1-2] Toe die konings wes van die Jordaan - dié in die berggebiede en die laeveld en al langs die kus van die Middellandse See af tot so ver noord as by die Libanonberg - van Josua se oorwinnings hoor, het hulle hulle magte saamgesnoer om teen Josua en die Israeliete te veg. Hierdie konings was die leiers van die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
2
***
3
Die inwoners van Gibeon het gehoor wat Josua met Jerigo en Ai gedoen het
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Al die konings wes van die Jordaan, dié in die Bergland, in die Laeveld, aan die hele kus van die Groot See en tot regoor die Libanon, die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, het van Josua gehoor
2
en hulle het eendragtig saamgestaan om teen hom en Israel te veg.
3
Maar toe die inwoners van Gibeon hoor wat Josua met Jerigo en Ai gedoen het,
Afrikaanse Bybel 1983

1
En toe al die konings wat wes van die Jordaan woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van die Groot See na die kant van die L¡banon toe: die Hetiete en Amoriete, Kana„niete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, dit hoor,
2
het hulle bymekaargekom om soos een man teen Josua en Israel te veg.
3
Maar toe die inwoners van G¡beon hoor wat Josua met J,rigo en met Ai gedoen het,
Afrikaanse Bybel 1933/1953