7 |
Die Israeliete het vir die Hewiete gevra: “Bly julle nie miskien hier naby ons nie? Ons kan dan nie met julle ’n verdrag sluit nie.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
7 |
Die leiers van die Israeliete het vir die Hewiete gesê: “Julle woon miskien hier naby ons, en dan kan ons nie 'n ooreenkoms maak met julle nie.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
7 |
Die Israeliete het vir die Gibeoniete, wat Hewiete van afkoms was, gesê: “Ons is nie seker of ons ’n ooreenkoms met julle moet sluit nie. Wie sê julle bly nie sommer hier naby ons nie?” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
7 |
Die Israeliete het vir die Gibeoniete, wat Hewiete was, gesê: “Dalk woon julle hier tussen ons. Hoe kan ons dan met julle 'n verdrag sluit?” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
7 |
Maar die manne van Israel het aan die Hewiete gesê: Miskien woon julle onder ons; hoe kan ons dan 'n verbond met julle sluit? |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|