A A A A A
Josua 9
16
Drie dae nadat hulle met die Gibeoniete hierdie verdrag gesluit het, het die Israeliete egter uitgevind dat die Gibeoniete eintlik hulle bure is en naby hulle woon.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
Maar drie dae nadat hulle die ooreenkoms gemaak het, het hulle gehoor dat dit mense is wat baie naby woon.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
Drie dae nadat die ooreenkoms gesluit is, het die Israeliete uitgevind dat die Gibeoniete eintlik baie naby bly, sommer daar in dieselfde omgewing.
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
Drie dae nadat die verdrag gesluit is, het die Israeliete gehoor dat die Gibeoniete hulle bure is en tussen hulle woon.
Afrikaanse Bybel 1983

16
Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en tussen hulle in woon.
Afrikaanse Bybel 1933/1953