14 |
Die Israeliete het die padkos bekyk. Hulle het egter nie by die Here gaan raad vra nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
14 |
Die Israeliete het van die padkos geëet, maar hulle het nie vir die Here gevra wat hulle vir die boodskappers moet sê nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
14 |
As ’n teken van vriendskap het die Israeliete toe saam met die Gibeoniete van hulle padkos geëet. Ongelukkig het hulle nie die Here daaroor geraadpleeg nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
14 |
Die Israeliete het na die padkos gekyk, maar nie die Here geraadpleeg nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
14 |
Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die HERE het hulle nie geraadpleeg nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|