A A A A A
Josua 9
1
Al die konings wes van die Jordaan het hiervan gehoor. Dit was die konings van die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Hulle het in die heuwelgebied, in die laagland en aan die kus van die Middellandse See tot so ver noord as die Libanonberge gebly.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Al die konings wes van die Jordaan-rivier het gehoor wat gebeur het. Die konings het gewoon in die berge en in die Laeveld en langs die Groot See tot teen die Libanon-berg. Hulle was die konings van die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
[1-2] Toe die konings wes van die Jordaan - dié in die berggebiede en die laeveld en al langs die kus van die Middellandse See af tot so ver noord as by die Libanonberg - van Josua se oorwinnings hoor, het hulle hulle magte saamgesnoer om teen Josua en die Israeliete te veg. Hierdie konings was die leiers van die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Al die konings wes van die Jordaan, dié in die Bergland, in die Laeveld, aan die hele kus van die Groot See en tot regoor die Libanon, die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, het van Josua gehoor
Afrikaanse Bybel 1983

1
En toe al die konings wat wes van die Jordaan woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van die Groot See na die kant van die L¡banon toe: die Hetiete en Amoriete, Kana„niete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, dit hoor,
Afrikaanse Bybel 1933/1953