22 |
Josua het vir die twee mans wat die land kom verken het, gesê: “Gaan na die prostituut se huis toe en bring die vrou met almal wat by haar is daar uit, soos julle haar beloof het.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
22 |
Josua het vir die twee mans wat gaan kyk het hoe die land is, gesê: “Gaan na die huis van die prostituut en bring haar en al haar mense uit. Doen dit, want julle het dit vir haar belowe.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
22 |
Toe het Josua vir die twee mans wat die land moes verken, gesê: “Kom julle belofte na. Gaan na die prostituut se huis toe en bring haar en al haar mense uit.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
22 |
Vir die twee manne wat die land moes verken, het Josua gesê: “Gaan na die huis van die prostituut toe en bring die vrou en al haar mense uit soos julle haar met 'n eed beloof het.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
22 |
En aan die twee manne wat die land verken het, het Josua gesê: Gaan in die huis van die hoer, en bring die vrou en almal wat aan haar behoort, daaruit, soos julle vir haar gesweer het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|