16 |
Die sewende keer het die priesters die teken op die ramshorings gegee. Josua het vir die volk geskreeu: “Gee die kreet! Die Here gee die stad vir julle! |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
16 |
En toe die priesters die sewende maal die ramshorings blaas, het Josua vir die manne gesê: “Julle moet skree om die oorlog te begin, want die Here sal julle laat wen teen die mense van hierdie stad. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
16 |
Toe hulle die sewende keer om is, het die priesters weer hard op die trompette geblaas. Toe sê Josua vir die volk: “Skree, want die Here gee die stad in julle mag oor! |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
16 |
Na die sewende maal het die priesters die ramshorings geblaas. Josua het vir die manskappe gesê: “Skreeu! Die Here gee die stad aan julle oor! |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
16 |
En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die HERE gee die stad aan julle oor. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|