10 |
Josua het die volk gewaarsku: “Moenie skreeu nie. Moenie ’n geluid maak nie. Daar moenie ’n woord uit julle mond kom voor die dag dat ek vir julle sê: ‘Skreeu!’ nie. Dan moet julle hard begin skreeu.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
Josua het vir die manne gesê: “Julle moenie skree nie, julle moet stilbly. Daar moenie 'n woord uit julle mond kom voordat ek vir julle sê nie, dan moet julle hard skree.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
“Moenie skree nie; moenie eens praat nie,” het Josua beveel. “Ek wil nie ’n woord van enigeen van julle hoor totdat ek julle beveel om te skree nie. Dan moet julle skree!” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
Josua het die manskappe beveel: “Julle moenie skreeu of 'n geluid laat hoor nie; nie 'n woord moet uit julle mond kom voor die dag dat ek vir julle sê: ‘Skreeu!’ nie, dan moet julle skreeu.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle sê: Skreeu! dan moet julle skreeu. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|