A A A A A
Josua 5
1
Al die konings van die Amoriete wat wes van die Jordaan bly en al die konings van die Kanaäniete wat by die Middellandse See bly, het gehoor hoe die Here die water van die Jordaan voor die Israeliete laat wegdroog het sodat hulle daar deur kon gaan. Hulle harte het gekrimp. Hulle het nie kans gesien om teen die Israeliete te veg nie.
2
Op daardie stadium het die Here vir Josua gesê: “Maak vir jou messe van klip. Besny die Israeliete weer ’n keer.”
3
Josua het toe vir hom klipmesse gemaak. Hy het al die Israeliete besny by Gibeat-Haaralot.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
“Die konings van die Amoriete wes van die Jordaan-rivier en die konings van die Kanaäniete by die see het gehoor dat die Here die water van die Jordaan-rivier laat ophou vloei het sodat die Israeliete oor die rivier kon gaan. Die konings het baie bang geword, hulle was bang om teen die Israeliete te veg.”
2
Die Here het toe vir Josua gesê: “Jy moet klipmesse maak en jy moet die Israeliete besny.”
3
Josua het klipmesse gemaak en hy het die Israeliete besny by Voorhuide-heuwel.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Toe al die konings van die Amoriete wes van die Jordaan en al die konings van die Kanaäniete wat langs die Middellandse See gebly het, hoor dat die Here die Jordaan laat opdroog het sodat die Israeliete daardeur kon trek, het hulle moed in hulle skoene gesak. Hulle het baie bang geword. Hulle het nie meer moed gehad om teen die Israeliete te veg nie.
2
In daardie tyd het die Here vir Josua gesê: “Maak vir julle messe van klip sodat julle weer die Israeliete kan begin besny.”
3
Josua het toe klipmesse laat maak en die manlike Israeliete besny. Daarom word die plek die Heuwel van die Besnydenis genoem.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
“Toe al die konings van die Amoriete wes van die Jordaan en al die konings van die Kanaäniete aan die see hoor dat die Here die water van die Jordaan voor die Israeliete laat opdroog het sodat ons kon deurgaan, het hulle harte van angs verstyf en het hulle nie meer moed teen die Israeliete gehad nie.”
2
In dié tyd het die Here vir Josua gesê: “Maak vir jou klipmesse en besny die Israeliete. Daar moet weer 'n besnydenis wees.”
3
Josua het toe vir hom klipmesse gemaak en hy het die Israeliete besny. Die plek is genoem die Heuwel van die Besnydenis.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kana„niete wat by die see woon, hoor dat die HERE die water van die Jordaan voor die kinders van Israel uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie.
2
In die tyd het die HERE vir Josua gesê: Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van Israel vir die tweede keer.
3
Toe het Josua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van Israel besny by die heuwel van die voorhuide.
Afrikaanse Bybel 1933/1953