15 |
Die leëraanvoerder van die Here se mag sê toe vir Josua: “Trek uit jou skoene. Jy staan op ’n heilige plek.” Josua het so gemaak. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
15 |
Die hoof van die leër van die Here het vir Josua gesê: “Jy moet jou sandale uittrek, want jy staan op 'n gewyde plek.” Josua het dit gedoen. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
15 |
Die bevelvoerder van die Here se leër sê toe vir Josua: “Trek uit jou skoene, want jy staan op ’n plek wat aan die Here toegewy is.” En Josua het dit gedoen. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
15 |
Toe sê die leëraanvoerder van die Here vir Josua: “Trek jou skoene uit, want die plek waarop jy staan, is 'n gewyde plek.” Josua het dit gedoen. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
15 |
Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|