8 |
Sê nou vir die priesters wat die ark van die verbond dra: ‘Sodra julle op die oewer van die Jordaan aankom, moet julle net daar bly staan.’” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
8 |
En jy moet self vir die priesters wat die verbondskis dra, sê: ‘Wanneer julle by die water van die Jordaan-rivier kom, dan moet julle in die rivier gaan staan.’ ” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
8 |
Sê vir die priesters wat die verbondsark dra dat hulle by die Jordaan se kant, in die rivier, moet wag as hulle daar aankom.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
8 |
Sê nou vir die priesters wat die verbondsark dra, hulle moet by die Jordaan gaan staan wanneer hulle by die waterkant kom.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
8 |
Gee jy dan bevel aan die priesters wat die verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|