6 |
Josua het vir die priesters gesê: “Tel op die verbondsark. Begin voor die volk uitloop.” Hulle het die ark van die verbond opgetel en voor die volk begin loop. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
6 |
Josua het vir die priesters gesê: “Julle moet die verbondskis optel en julle moet voor die volk loop.” Die priesters het die verbondskis opgetel en hulle het voor die volk geloop. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
6 |
Die volgende môre het Josua die priesters beveel om die verbondsark op te tel en die volk die land in te lei. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
6 |
Vir die priesters het Josua gesê: “Tel die verbondsark op en stap voor die volk uit.” Hulle het die verbondsark opgetel en voor die volk uit geloop. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
6 |
En Josua het met die priesters gespreek en gesê: Neem die verbondsark op en trek weg voor die volk uit; toe het hulle die verbondsark opgeneem en voor die volk uit getrek. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|