A A A A A
Josua 24
20
As julle die Here verlaat en julle begin vreemde gode aanbid, sal Hy teen julle draai. Hy sal julle uitroei en met julle klaarspeel, selfs al het Hy julle voorheen goed behandel.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

20
As julle die Here los en as julle gode van ander volke dien, dan sal Hy dit sleg laat gaan met julle en Hy sal julle almal laat sterf, Hy wat voorheen goed gedoen het aan julle.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

20
As julle julle rug vir die Here draai en agter ander gode aanloop, sal Hy teen julle draai en julle baie swaar laat kry, ten spyte daarvan dat Hy nog altyd net goed was vir julle. Hy sal julle vernietig.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

20
As julle die Here verlaat en julle dien vreemde gode, sal Hy wat aan julle goed gedoen het, teen julle draai en rampe oor julle bring en 'n end aan julle maak.”
Afrikaanse Bybel 1983

20
As julle die HERE verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953